Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort

Loading player...
Die vier-en-sestigjarige Sien Venter, ‘n vlieënier van die Letaba Fire Protection Association, is vanoggend oorlede toe die vliegtui waarin hy was, neergestort het.
Volgens Maritza Swanepoel, woordvoerder van die Letaba Fire Protection Association, was hy die enigste insittende.
Hy was op pad van Tzaneen, in Limpopo, na Mbombela. Die vliegtuig het naby Swadini neergestort.
‘n Airforce Oryx-helikopter is na die toneel ontbied om die wrak te help opspoor. Dit is intussen gevind.
Die burgerlugvaartowerheid het nog nie verdere besonderhede oor die voorval bekendgemaak nie.
4 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min