Ontsnapte misdadiger in Mpumalanga gevonnis

Loading player...
‘n Vermeende moordenaar is gister in die Nelspruit-hof tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis vir ontsnapping uit polisie-aanhouding.
Die drie-en-twintig-jarige Norman Sylvester Mokoena, ook bekend as "Dallas" het in November 2019 uit die Calcutta-hof se aanhoudingselle ontsnap nadat hy borgtog geweier is vir verskeie gewapende roof- en moordsake in Marite.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is hy in Augustus in Boskobrand vasgetrek en was glo in besit van ‘n onwettige vuurwapen.
Mokoena het skuldig gepleit op die klagte van ontsnapping. Sy verhoor vir moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen begin op 31 Mei in die Mpumalanga hooggeregshof.
18 Mar 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min