#JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné
--:--
Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid.
Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor die ‘normaliteit’ van hulle daaglikse roetine een Vrydagoggend kon voortgaan, het Ben skielik ‘n beroerte gekry. Die afgelope twee jaar was nie goed vir hulle wat besigheid en inkomste betref nie. Donne het na ‘n bejaarde vrou omgesien en verdien SASSA-pensioen, en Ben se horlosie-besigheid het minimaal tot geen inkomste gein nie. Sonder spaargeld en ‘n beperkte inkomste, gebeur hierdie toe…
Uiteindelik kom hulle by die hospitaal uit, waar Ben eers na die Covid-sale moes gaan vir ‘n toets. Hy bly hier tot en met die Sondag. Tot op hierdie stadium is hy behandel met pille, en toets toe gelukkig negatief. Donne gaan haal hom die Woensdag, en neem hom huis toe.
Liewe Donné en Ben, ondanks die mees onlangse prognose – dat Ben weer moet leer loop en praat, en, dat hy heel moontlik nie weer sy liefde en passie as horlosie-maker en restoureerder sal kan beoefen nie, weet ons, God is nie net ons groot voorsiener nie, maar, die grootste en enigste geneesheer. Ons glo Hy gaan Ben se grond- en saaigebied vergroot. En, ons weet dat Ben hierdie nuwe geleen-TYD met ‘n gesonde brein en gesonde hande gaan omhels, want sy geloof is reeds daar. Ons bid vir jou rehablitasie, Ben! Ook vir jou, Donne, vir bonatuurlike krag soos jy na Ben omsien en hom ondersteun. Julle tyd hier, en met mekaar, is nog lank nie klaar nie.