#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp
--:--
Liza en Carl van Niekerk woon tans in ‘n 25 m2-kamer – as dit so groot is. Daar is plek vir ‘n bed en ‘n kas. Die yskas en kruidenierskas – wat dolleeg staan – staan in die motorhuis wat voor die kamer geleë is. Alhoewel hulle baie dankbaar is vir die dak oor hulle koppe, wat goedgunstig deur ‘n gesin aan hulle beskikbaar gestel is, word hulle telkens herinner aan hoe hulle lewe voorheen was. As ‘n wel-af gesin, wat gewoon het in Durban, en lief was vir ‘karaoke’. Dis ook hier waar Liza bekendgestaan het as die ‘Country Queen van Durban’.
Hulle grootste wens is om terug te keer Durban toe, waar die tehuis langs die Addington-hospitaal is. GROOTfm 90.5 kon nie hulle help om terug te keer Durban toe nie, maar, ons kon hulle gaan sien, en raaksien! Ons kon nostalgies raak oor die lewe wat was, en oor hier waar hulle tans is. Dit is so, die onvoorspelbaarheid van die lewe is presies dit wat die lewe opwindend, tog senutergend maak. Liewe Liza en Carl, julle lewe is nie verby nie. Daar is nog vooruitsig. Julle het min, maar julle het hoop. Julle het mekaar. Julle het julle identiteit in Christus, julle Vader. ‘n Identiteit waarvan julle nooit gestroop sal word nie. Liza, jy is dalk nie meer die ‘Queen of Country’ nie, maar jy is en sal vir altyd jou Vader en jou man, Carl, se prinses wees.