#JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement
--:--
Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek en deernis. Met inisiatiewe soos die 'loop-die-hond-uitdaging' het hy hulle geleer dat 'n hond soveel meer kan wees as ‘n troeteldier – 'n metgesel, 'n lewenslange vriend, en iemand met wie hulle kan praat wanneer omstandighede by die huis moeilik raak.
Soos Tebogo hierdie reis saam met die kinders begin het en hulle geleer het om diere lief te hê, het hy besef dat deur hulle hierdie liefde te leer, dit ook liefde tussen mense kan aanmoedig. Deur 'n verhouding met die kinders te bou, het hy toe besef dat hierdie kinders dikwels op 'n leë maag skool toe gaan. Dit is waar sy ander inisiatief begin het.
Wat begin het as ’n paar toebroodjies – bedek met grondboontjiebotter en konfyt – het ontplof in ’n volwaardige voedingskema, met kinders wat verskillende roetes na hul onderskeie skole toe stap, om ook iets te ete langs die pad te ontvang. Dit, soos Tebogo sê, is ook in die meeste gevalle die enigste maaltyd wat hulle gedurende 'n dag ontvang en kan geniet. Kinders kan inderdaad nie op 'n leë maag konsentreer nie, en sommer vinnig het die aantal kinders wat sy 'stasie' besoek het, tot meer as ‘n honderd gestyg.
Hierdie 'stasie' is soveel meer as 'n plek waar hulle 'n toebroodjie ontvang. Dit is 'n plek waar Tebogo vir hulle kan wys wat liefde werklik beteken. Hoe deernis uitgeoefen word en hoe vertroue tussen mense ontwikkel word. Wanneer hy 'n kind binne skoolure in die area sien rondloop, konfronteer hy ook die ouers en kind, om vas te stel hoekom die kind nie in die skool is nie.