#JouMenseMyMense saam met SPAR – Op pad…
--:--
Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40 km werk toe te stap. Sy groot behoefte is ‘n voertuig, wat hy bereid is om af te betaal teen R1 000 per maand. As iemand hom net ‘n kans sal gee…
Rudi is die pappa van vier pragtige kinders – onderskeidelik agt en vier jaar oud, en ‘n tweeling van sowat 2 maande oud. Hy het ook ‘n Kode-10 lisensie, maar omdat sy salaris R7 000 ‘n maand is, wil motorhandelaars nie aan hom ‘n voertuig verkoop nie. Die risiko en rente op finansiering oorskry dit wat Rudi tans kan bekostig. Rudi en sy gesin kry tans baie swaar. Rudi is platsak, raadop, maar, hy bly opstaan. Hy was huiwerig om vir ons hulp te vra, want hy sê dis hoe hy grootgemaak is – om nie te vra nie.
Op die ouderdom van 11 is hy ‘wees’ gelaat met beide sy ouers wat in ‘n motorongeluk oorlede is. Hy het sy eie skoolgeld betaal. Na ‘n 4-jaar-tydperk wat hy op straat gewoon het, en aan dwelms verslaaf was, het hy besluit om sy lewe om te keer en reg te ruk toe hy uitvind hy word vir die eerste keer pappa. Vandag is hy 29 jaar oud, en agt jaar ‘skoon’.
Rudi se grootste droom vir sy kinders is dat hulle nooit dit sal ervaar wat hy moes ervaar het nie. Dat hulle nie dit sal sien wat hy gesien het in sy 29-jaar op aarde nie. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…