#JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens
--:--
Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur. Sy is n maand prematuur gebore met 2 ‘club’-voetjies en astrioposis, maar tog kry niks haar onder nie. Sy is ‘n wonderlike dogtertjie! Sy kan nie tans loop nie, en ons harte is baie seer.”
In Roney se geval moet sy drie operasies ondergaan om haar enigsins ‘n kans op normaliteit te kan gee. Ons het voelers uitgesteek na kliënte, waarna Plantland, We Buy Cars en Ecomed Medical aangebied het om ‘n bydrae te lewer waarvoor en waaroor ons ontsettend dankbaar is.
Die fondse was nog steeds nie genoeg om die omvang van die drie operasies te vereffen nie…
Cairing Daisies het GROOTfm 90.5 en die Stephens-gesin genooi na hulle jaarlikse fondsinsamelings-golfdag en toe ons met Pappa Rodney gesels om hom uit te nooi na die golfdag, was hy reeds in trane – minwetend hoekom hulle eintlik daar is…