#JouMenseMyMense saam met SPAR – Na die soveelste ‘nee’…
--:--
Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld nie, en probeer om elke aand ‘n plan te maak sodat hulle dogtertjies nie honger gaan slaap nie.
Behalwe vir die behoeftes van hul eie gesin, woon haar skoonma en haar kêrel, ook hulle twee kinders by hulle. “Hulle was sonder blyplek en ek kan ongelukkig nie mense op straat sit nie.” Haar skoonma is intussen ook skielik oorlede…
Dit was vir Francina baie moeilik om met ons kontak te maak en sê sy; “Ek het nog nooit hulp gevra nie. Ek en my man sal eerder ‘n plan maak of ander help voor ons enige hulp vra, maar as ‘ma’ kom daar seker 'n tyd om daai trots te sluk!’
Francina werk tans van die huis af en haar man, wat sy vorige werk verloor het, het los werkies gedoen vir daglone. Hy het nooit moed opgegee nie, en het nou ‘n geleentheid gekry. In die tyd wat hy werkloos was, het hulle gat net nog dieper geword. Maar, gee nie om hoe moeilik dinge by die huis gaan nie, hou Francina nie haar 9 en 11-jarige dogters uit die skool nie. Sy moes wel as gevolg van omstandighede haar 2 en 5-jarige tuis by haar begin hou.