#JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy’s Den
--:--
‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin omdat sy gesien het daar is ‘n geweldige behoefte vir veral ouer mense wat nie ‘n heenkome het nie. Ja, hulle is deur hulle familie verwerp. Sy het ‘n uitsonderlike groot passie vir mense, en om hulle te versorg. Soms wil sy moed opgee, maar haar antwoord op dit; “Waar gaan hierdie mense heen”. GROOTfm 90.5 het toe saam met die verpleegspan van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Marco Viljoen, ‘n vriend van Lucy’s Den, gaan kuier…
In April vanjaar is Lucy se man en steunpilaar, Joel, eweskielik oorlede. Hy het met sy karige salaris vir Lucy gehelp met die huur elke maand. Sy werk se bakkie was ook hul vervoer die laaste paar maande. Lucy se kar het gebreek en sy kon nie meer die kinders skool toe vat elke dag nie, maar gelukkig was Joel se werksbakkie beskikbaar, vir nou. As die voertuig teruggeneem word kan die kinders nie meer skool toe gaan nie, en Lucy kan nie ry om kos te gaan koop nie. Daar is talle ander uitdagings, soos die wasmasjien wat gebreek het, en ‘n paar van die inwoners wat kort na mekaar oorlede is.
Saam met Marco, en die verpleegeenheid van Saal B van Zuid-Afrikaanse Hospitaal, kon ons vir die gemeenskap van Lucy’s Den, met wat hulle noem, ‘Christmas in July’, hou.