Nuut op die rak

Loading player...
Uitgewer Veronica Scholtz gesels oor die jongste boeke uit die LUCA Christelike-uitgewerstal. An-Mari do Carmo vertel meer oor haar debuutboek Toe als groen was en Jan Vermeulen gesels oor jeugroman Hoeveel tande het ‘n engel? Om die program mee af te sluit gesels voormalige lid van die sanggroep NaviRedd, Dawie de Villiers, oor ‘n nuwe voedingsprojek wat van stapel gestuur is.
5 Jul 2022 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Salwingsolies

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en hoe God Homself deur salwing openbaar.
1 Sep 1 hr 26 min

Kersfees in Augustus en hulp aan die helpers

Musikant en visuele kunstenaar Anel Stricker-Bessinger kuier in die ateljee om meer te vertel oor ‘n baie spesiale musiekkonsert Kersfees in Augustus wat deur Radiokansel op die 28e Augustus om 19:00 by Unite City in Derdepoort, Pretoria aangebied word. Daarna gesels Prof Wentzel Coetzer met ons oor hulp aan die…
18 Aug 1 hr 37 min

Van bediening tot Isabella Niehaus se nuutste kookboek

Motiveringspreker en skrywer Yolande Britnell-Steyn gesels oor haar bediening. Lizette Murray herriner ons waarom dit so belangrik is om saam aan tafel te eet. Kosboekskrywer, Isabella Niehaus vertel meer oor haar jongste kookboek getiteld Bella’s Kitchen.
11 Aug 1 hr 23 min

So klop my hart

Susan Coetzer vertel hoe ons as gelowige vroue van ‘n swaarmoedige Sannie tot ‘n super C-vrou kan beweeg. Daarna gesels Rachelle Fourie oor haar nuwe boek My hart klop so ‘n Pad van roeping, geloof en identiteit.
4 Aug 1 hr 37 min