Verhoordatum vasgestel vir voormalige veldwagter wat glo renoster stroop in wildtuin

Loading player...
‘n Stroper moet 10 jaar tronkstraf uitdien na hy in 2017 in die Krugerwildtuin met ‘n jaggeweer, ammunisie en byl betrap is. Friday Ngoveni het Maandag in die Skukuza-hof skuldig gepleit op aanklagte van betreding van ‘n nasionale park, besit van onwettige en gevaarlike wapens en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê verder die verhoordatum van die voormalige veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte is vasgestel vir 18 tot 22 Maart.
5 Dec 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min