Twee met seinblokkeerders moontlik deel van diefstal-sindikaat
Loading player...
Twee verdagtes wat moontlik deel is van ‘n voertuigdiefstal-sindikaat is in Witbank in hegtenis geneem. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hulle glo in besit van seinblokkeerders, wat ingespan word om voertuie te steel. Mdhluli sê die deurbraak was te wyte aan ‘n multidissiplinêre span. Beide verdagtes, wat afsonderlik aangekeer is, was in besit van vuurwapens wat ballistiese toetse sal ondergaan om te bepaal of hulle in ander misdade gebruik is.