DA sê Mpumalanga kan nie NVG implementeer nie
Loading player...
Die DA in Mpumalanga gaan vrae in die wetgewer rig aan die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, omdat geen een van die openbare hospitale in die provinsie aan die minimumvereistes voldoen om die Nasionale Gesondheidsversekering te implementeer nie. Die party se woordvoerder oor gesondheid, Jane Sithole, sê mediese fasiliteite makeer voldoende infrastruktuur, personeel, medikasie en voorraad sowel as goeie administratiewe stelsels - wat alles voorvereistes is. Sy sê Manzini moet verduidelik hoe hulle beplan om fasiliteite op standaard te bring.