Drie verdagtes vasgetrek weens gesteelde voertuie naby Lebombo
Loading player...
# Drie Mosambiekse burgers verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie, na hulle Maandag naby die Lebombo-grenspos gearresteer is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die twee Toyota RAV 4's na bewering vroeër die maand in onderskeidelik Edenvale en Garsfontein in Gauteng gesteel. Hy sê nog klagtes kan teen die drie bygevoeg word soos die ondersoek vorder.