Eskom-tegnikus gearresteer vir korrupsie

Loading player...
‘n Senior Eskom-tegnikus het gister in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 51-jarige Nkhetheni Percy Ramaru ‘n aandeelhouer van ‘n maatskappy wat in Augustus 2022 met Eskom sake gedoen het, sonder dat hy dit verklaar het. Ramaru is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan. Kaptein Dineo Sekgotodi, die woordvoerder van die Valke, sê die saak is tot 19 Februarie uitgestel.
13 Feb 2024 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Operasie uitgevoer om veediefstal te teiken

Die Mpumalanga-polisie het gister tydens 'n spesiale operasie in Vaalbank naby Mmametlhake op sewe vermoedelik gesteelde beeste beslag gelê. Niemand is vir die beweerde veediefstal in hegtenis geneem nie, maar ’n ondersoek is aan die gang. Tydens dieselfde operasie vroeër die dag is 'n 31-jarige man by Siyabuswa gearresteer vir…
23 Jan 2AM 1 min

Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se…
22 Jan 9AM 1 min

LUR beloof nuwe skool vir Naas

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê onderrig sal vandag hervat by Siboshwa Primary, na dit die afgelope week ontwrig is deur gemeenskapslede. Inwoners van Naas in Nkomazi het onder meer ingange na die area afgesper om aan te dring dat ‘n nuwe skool gebou word. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het…
22 Jan 4AM 1 min

Vakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropen

Toeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van…
21 Jan 7AM 3 min

DA kla oor onvoldoende ondersteuning aan dowe matrieks

Die DA in Mpumalanga sal dringend aan die LUR van Onderwys, Cathy Dlamini, skryf en haar vra om skole wat voorsiening maak vir leerders met spesiale behoeftes te prioritiseer. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat al 15 dowe leerders wat hul matriekeksamen in 2024 by Bukhosibetfu Koshuis…
21 Jan 6AM 1 min