
ActionSA fokus op energiekrisis
Loading player...
Die provinsiale voorsitter en Mpumalanga premierskandidaat vir ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party se topprioriteit is om die energiekrisis in die land aan te spreek. ActionSA het gister sy premierskandidate vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat bekendgemaak. Mashiane was vroeër ‘n munisipale bestuurder en vroueleier in die ANC se provinsiale strukture. Sy het sedert haar aansluiting by ActionSA gehelp om 75 takke in die provinsie te stig. Volgens Mashiane is ander sleutelkwessies toegang tot gesondheidsorg, gehalte onderwys en die uitwissing van korrupsie.