
Mpumalanga trek vermeende huisrowers van KwaZulu-Natal naby Volksrust vas
Loading player...
Die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die interprovinsiale samewerking tussen beamptes geloof wat daartoe gelei het dat drie vermeende huisrowers in Mpumalanga aangekeer is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes is in die vroeë-oggendure van Woensdag naby Volksrust gearresteer. Hulle was glo in besit van ‘n voertuig wat in Newcastle, KwaZulu gesteel is, sowel as ‘n onwettige vuurwapen.