Jesus se eerste wonder teken

--:--
JOHANNES 2:1-11
Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom en sê vir hom: “'n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
22 Mar 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

The life of David

Braam Klopper and Jackie Barker is discussing the life of David
18 Jul 22 min

King Saul

In today's Searching the Scriptures, Braam Klopper and Jackie Barker talks about King Saul - there is more to him than people realize
11 Jul 21 min

Dra jou eie kruis... dis bevrydend!

Braam Klopper en gaste, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels oor die tema: dra jou eie kruis want dis bevrydend - Luk 14: 25 - 35
4 Jul 20 min

Twee-myl Christen in 'n een-myl wereld

Braam Klopper en gaste, Michelle Van Tonder en Sebastiaan van Dyk, gesels oor die tema "twee-myl Christen in 'n een-myl wereld" (Matt. 5:38 - 42)
27 Jun 21 min