
Nog deurbrake met Operasie Vala Umgodi in Sabie
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is. As deel van Operasie Vala Umgodi is daar op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus en op ‘n plaas in Schoemanskloof beslag gelê. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê verskeie mense is ook aangekeer. In die jongste voorval is ‘n Zimbabwiese burger in Sabie gearresteer met myntoerusting in sy besit. Hy het boonop glo ‘n polisiebeampte aangerand is sy poging om arrestasie te ontduik.