Minister van Arbeid sê regering kan werk help skep

--:--
Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig word om in hierdie velde te werk.
24 Apr 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Stonehouse: Boland nie so maklik om te wen nie

Die Airlink Pumas en Boland Kavaliers sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die…
10 May 5AM 1 min

Opwinding voor Lugskou die naweek in Nelspruit

Groot opwinding heers oor die ABSA Laeveld lugskou wat Saterdag plaasvind. Johan Heine van Kishugu sê dit behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in Suid-Afrika om ‘n lugskou aan te bied: Die Ou Nelspruit-lughawe.
9 May 4AM 1 min

DA ruk op oor dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit

Die DA het Maandag onder leiding van die partyleier, John Steenhuisen, ‘n vreedsame optog in Bethal gehou teen swak dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit. Volgens die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole, ly die hele area weens die onbetroubare verskaffing van water en elektrisiteit. Hulle het ‘n memorandum van griewe aan die…
7 May 4AM 1 min

Borgtog vir Mbombela-man wat homself glo as prokureur voordoen

Vyf beskuldigdes is gister borgtog toegestaan deur die Nelspruit-streekshof. Ses word aangekla van bedrog en die nabootsing van ‘n prokureur. Tshepo Mahlako, wat homself na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het, en sy firma TC Mahlako is elk borgtog van 60-duisend-Rand toegestaan. Drie medebeskuldiges het borg gekry van 30-duisend-Rand. Die…
7 May 4AM 1 min

Regering faal Lily Myn-gesinne steeds

Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê…
6 May 8AM 1 min