Prof. Andries Raath nuwe TLU SA Vrystaat bestuurder

Loading player...
’n Nuwe opwindende hoofstuk wag vir die historikus en regsgeleerde, prof. Andries Raath (69), wat pas aangestel is as die landbouorganisasie, TLU SA, se nuwe streeksbestuurder in die Vrystaat.
Raath, ’n kommersiële boer naby Brandfort, sal vanaf Mandag, (27/5) as bestuurder dien. Sy seun, Jannie, het die pos voor hom beklee.
Raath vertel sy aanstelling is hoofsaaklik daarop gefokus om die visie en missie van die TLU SA as ’n nasionale instelling te bevorder en om lede se belange positief te rig. “Ek sou dit baie graag vir die Vrystaat-streek uitbou en ons boere se hande plaaslik versterk.”
26 May 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min