Drie vasgetrek met olifanttande in Mbombela

--:--
# Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte Toyota Hilux. Drie olifanttande is in die voertuig ontdek.
19 Jul 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Mpu Onderwys betaal spookwerkers R6m

Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9…
16 Oct 7AM 1 min

20 jaar vir man wat buurkind verkrag

’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op…
16 Oct 5AM 1 min

Dag Zero kom nader in Ermelo

Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo…
15 Oct 8AM 1 min

Rondawels brand af in die Krugerwildtuin

SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval…
15 Oct 7AM 1 min

16-jarige dood gevind na jagtog saam met maat

Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel…
14 Oct 7AM 1 min