Itula stel IPC se manifes bekend, met werkskepping eerste prioriteit
Loading player...
Die IPC se president, Dr. Panduleni Itula, het die party se manifes amptelik in Windhoek bekendgestel. Hy het sleutelprioriteite uitgelig soos die aanpak van werkloosheid en werkskepping vir die jeug, die bevordering van entrepreneurskap, en landbou-ondersteuning. Die manifes fokus ook op ekonomiese hervorming en die verbetering van toegang tot ordentlike gesondheidsorg. Itula het aangekondig dat die aantal ministeries onder die IPC tot 15 verminder sal word, met die doel om regeringsbedrywighede te stroomlyn vir nasionale ontwikkeling en doeltreffendheid. Itula is aan die woord.