Pelican Point-walvis lyk siek, sal waarskynlik sterf

--:--
'n Vinwalvis het tydens laagwater by Pelican Point in Walvisbaai gestrand. Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, sê hierdie soort voorval vind gereeld plaas. Lede van die publiek probeer hulp vir die walvis mobiliseer maar daar is min wat gedoen kan word om dit te red. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dreyer, wat sê dit lyk of die walvis siek is.
16 Sep 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Varkvleis-pryse plaaslik stabiel, SA boere sukkel

Die plafonprys van varkvleis het plaaslik sedert Februarie stabiel gebly, volgens die Namibië Landbou-unie se maandelikse veepryse. Boere in Suid-Afrika ervaar egter iets heeltemal anders. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gideon Goosen, die voorsitter van die Varkvleisprodusentevereniging van Namibië, wat die verskil tussen die twee lande uiteensit.
18 Sep 12PM 1 min

Siya in afrigtershokkie in Bok-toets teen Pumas

Rugby: Siya Kolisi sal in die afrigterslokaal wees wanneer die Springbokke die Argentyne Saterdag in die Rugby-kampioenskap in Santiago pak terwyl hy herstel van 'n gesigsbesering. Salmaan Moerat gaan die span lei. Kolisi het in die tweede ontmoeting teen die All Blacks in Kaapstad met 'n gebreekte neus gespeel na…
18 Sep 12PM 1 min

Droogte knou toerisme in Suide

Die langdurige droogte het ook 'n uitwerking op toerisme gehad, veral in die Suide. Volgens ‘n Simonis Storm-verslag het die suidelike gebiede in Julie die laagste nasionale besettingsyfers gehad van 56,5 persent, teenoor die nasionale koers van 59,7 persent. Nelson Ashipala, woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, NWR, het met Kosmos…
18 Sep 11AM 1 min

Karas-streek kan koeler weer verwag, binneland winderig

Die Namibië Meteorologiese Diens sê koeler lug word môre in die suide verwag. Die noorde sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm toestande ervaar, terwyl die res van die binneland sonnig en warm tot warm sal wees. Winderige weer sal na verwagting in die binneland voortduur. In die kusstreke…
18 Sep 11AM 1 min

Dis Clausthaler Finkenstein Trail Run op 5 Oktober!

Die Clausthaler Finkenstein Trail Run vind op 5 Oktober by die Finkenstein Bosmark plaas, en behels 4km- en 8km-roetes. Vroeë registrasie kos 150 Namibiese dollar en 50 dollar vir kinders onder 12, terwyl laat registrasie 200 dollar is. Registrasie maak 7-uur oop en die wedloop begin om half-agt. Deelnemers wat…
18 Sep 10AM 1 min