Namibiese skieters vat 2de plek in Colorado

Loading player...
e nasionale skietspan van die Namibië Presisiegeweervereniging, Napra, het tweede geëindig by die Presisiegeweer Wêreldkampioenskap in Colorado in die VSA. By die vorige wêreldkampioenskap twee jaar gelede in Frankryk het Namibië algeheel sewende geëindig. Karola Marais, die sekretaris van die Namibiese Sportskiet-federasie het meer.
17 Sep 2024 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Liverpool vergroot voorsprong in Premierliga terwyl Man City ineenstort

Liverpool het sy onoorwonne wenlopie in die Premierliga tot 16 wedstryde uitgebrei ná ʼn gelykopwedstryd van een elk teen Nottingham Forest. Diogo Jota se doel vir Liverpool het sake gelykop gemaak ná Chris Wood se doelskop vroeg in die wedstryd, met Arne Slot se span wat sy voorsprong van ses…
15 Jan 12AM 1 min

Stilfontein reddingspogings duur voort

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, het tot en met gistermiddag altesaam 118 onwettige mynwerkers in Stilfontein in Noordwes na die oppervlak gebring, met 36 sterftes wat bevestig is. Reddingspogings gaan voort met die gebruik van 'n spesiale hyser. Onwettige mynwerkers het verlede week beweer meer as 100 mense het…
15 Jan 12AM 1 min

Landbou verbied invoere van onverwerkte vleis uit Duitsland

Namibië het 'n onmiddellike verbod op die invoer en deurvoer van spesifieke gesplete hoefdier-produkte vanaf Duitsland geplaas, nadat gevalle van bek-en-klouseer in dié land bevestig is. Die Direktoraat Veeartsenydienste het die invoer van vars of bevrore vleis, ongepasteuriseerde melk, lewende diere en onbehandelde huide of trofeë van gesplete hoefdiere opgeskort…
15 Jan 12AM 1 min

Erge hitte sal landbou raak, ingryping nodig

Volgens die Wêreld Weerkunde-organisasie, die VN se weer- en klimaatsagentskap, gaan 2025 die warmste jaar op rekord wees, na 'n dekade van ongekende hitte. Die bruikbaarheid van grond in Namibië sal negatief beïnvloed word deur klimaatsverandering, het kenners reeds voorspel. Met stygende temperature tesame met wisselvallige reënvalpatrone, kan die produktiwiteit…
15 Jan 12AM 1 min