Erge hitte sal landbou raak, ingryping nodig

Loading player...
Volgens die Wêreld Weerkunde-organisasie, die VN se weer- en klimaatsagentskap, gaan 2025 die warmste jaar op rekord wees, na 'n dekade van ongekende hitte. Die bruikbaarheid van grond in Namibië sal negatief beïnvloed word deur klimaatsverandering, het kenners reeds voorspel. Met stygende temperature tesame met wisselvallige reënvalpatrone, kan die produktiwiteit van plaaslike landbougrond teen 2050 met 42 persent daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat meer inligting gee.
15 Jan 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Openbare vergadering môre oor omstrede lodge in Bwabwata

‘n Openbare vergadering sal môre, Donderdag om half-tien by die Katolieke Kerk in die Kamutonja-gemeenskap plaasvind om die toerisme-ontwikkeling in die Manhangu-kerngebied in die Bwabwata Nasionale Park te bespreek. Die ontwikkeling is ongeveer 25 kilometer suid van Divundu. Maar inwoners is gekant teen die ontwikkeling en sê prosedures is nie…
15 Jan 5AM 1 min

Skole het geld gekry vir skryfbehoeftes, waar's dit?

Die onderwysministerie het die nasionale eksamenuitslae bekend gemaak. Tydens die aankondiging het die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, haar teleurstelling uitgespreek dat skole nie die befondsing van die ministerie doeltreffend gebruik om skryfbehoeftes vir leerders te bekom nie. Baie ouers uit armoede-geteisterde gemeenskappe sukkel om die nodige skryfbehoeftes vir…
15 Jan 5AM 1 min

BoN verduidelik virtuele batedienste magtiging

Die sentrale bank het meer besonderhede bekend gemaak oor hoe die proses van die magtiging van virtuele batedienste sal werk. Dit kom na die bank vier entiteite voorlopig gemagtig om vir ses maande betalings- en virtuele batedienste in die land te verskaf. Finatic Technologies en United PayPoint het voorlopige magtiging…
15 Jan 4AM 1 min

SA-onderwys moet deursitsyfers, uitvalsyfers vir matrieks gee

Alana Bailey van AfriForum versoek die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, om provinsiale deursitpersentasies saam met slaagsyfers vir matriek te publiseer. Bailey voer aan die weglating van uitvalsyfers vir graad 10 tot 12 verbloem betekenisvolle opvoedkundige uitdagings. Bailey kritiseer die deursitkoers van 64-persent in Suid-Afrika en sê om albei…
15 Jan 4AM 1 min

Groot uitdagings in Khomas meer leerder plasings

Windhoek-skole sukkel reeds. Ongeveer 300 graad 1’s wag nog vir plasing met 178 pre-primêre leerders en 1 788 graad 8’s wat ook nie plek het nie. Die onderwysdirekteur vir die Khomas-streek Paulus Nghikembua sê daar is uitdagings maar leerders sal in die week geplaas word. Vals plasingsbriewe is ook ‘n…
15 Jan 3AM 1 min