Skole het geld gekry vir skryfbehoeftes, waar's dit?
Loading player...
Die onderwysministerie het die nasionale eksamenuitslae bekend gemaak. Tydens die aankondiging het die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, haar teleurstelling uitgespreek dat skole nie die befondsing van die ministerie doeltreffend gebruik om skryfbehoeftes vir leerders te bekom nie. Baie ouers uit armoede-geteisterde gemeenskappe sukkel om die nodige skryfbehoeftes vir die nuwe skooljaar aan te skaf. Steenkamp is aan die woord.