Mbumba se advokaat kap terug in verkiesingsaak
Loading player...
Die IPC en LPM se uitdaging in die verkiesingshof duur voort. ‘n Kostebewaringsbevel is deur die respondente aangevra en is uitgereik met 450 000 Namibiese dollar in totaal wat voorsien moet word. Intussen het die IPC en LPM gevra dat die saak eers moet oorstaan tot die hooggeregshof sy beslissing in Februarie lewer. Advokaat Raymond Heathcote, vir die president, sê dit is onaanvaarbaar dat ‘n dringende aansoek gebring word en dat daar dan gevra word dat die saak moet oorstaan. Hy sê die IPC se sekretaris-generaal Christine !Aochamus het groot gepraat oor hulle saak, maar die respondente kry geweldige ondersteuning.