Desember warmste sedert 1991, hitte-rekords spat
Loading player...
Desember verlede jaar was die warmste maand sedert 1991, volgens die Meteorologiese Diens se jongste klimaatbulletin. ’n Nuwe maksimum temperatuur is by Gobabis in die Omaheke-streek op 40,4 grade Celsius aangeteken, met 14 opeenvolgende dae wat 37 grade oorskry het en drie dae wat 40 grade oorskry het. Keetmanshoop het ook 'n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Beata Iipinge, die meteorologiese tegnikus by die Meteorologiese Diens, wat meer inligting gee.