Openbare vergadering môre oor omstrede lodge in Bwabwata

Loading player...
‘n Openbare vergadering sal môre, Donderdag om half-tien by die Katolieke Kerk in die Kamutonja-gemeenskap plaasvind om die toerisme-ontwikkeling in die Manhangu-kerngebied in die Bwabwata Nasionale Park te bespreek. Die ontwikkeling is ongeveer 25 kilometer suid van Divundu. Maar inwoners is gekant teen die ontwikkeling en sê prosedures is nie gevolg nie. Volgens Mark Paxton van Shamvura Camp sal hulle en agt ander die projek in die hof uitdaag.
15 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Djokovic speel meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde ooit

Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die derde ronde van die Australiese Ope nadat hy met die 21-jarige kwalifiseerder, Jaime Faria, afgereken het. Die Serwiër se 430 maak hom die speler wat meeste Grand Slam-enkelspelwedstryde in die Ope Era gespeel het. Dit volg nadat hy die Portugees…
15 Jan 8AM 1 min

Desember warmste sedert 1991, hitte-rekords spat

Desember verlede jaar was die warmste maand sedert 1991, volgens die Meteorologiese Diens se jongste klimaatbulletin. ’n Nuwe maksimum temperatuur is by Gobabis in die Omaheke-streek op 40,4 grade Celsius aangeteken, met 14 opeenvolgende dae wat 37 grade oorskry het en drie dae wat 40 grade oorskry het. Keetmanshoop het…
15 Jan 8AM 1 min

Helikopter-patrollies ingespan teen renosterstropery

Syfers in verband met stropery is nog nie vir 2024 bekend nie maar, dit duur onverpoosd voort en teen Oktober vanjaar was daar reeds 46 renosters gestroop. Intussen werk owerhede steeds hard om veral Etosha Nasionale Park te beveilig en benut helikopter-patrollies daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksbevelvoerder…
15 Jan 7AM 1 min

Mbumba se advokaat kap terug in verkiesingsaak

Die IPC en LPM se uitdaging in die verkiesingshof duur voort. ‘n Kostebewaringsbevel is deur die respondente aangevra en is uitgereik met 450 000 Namibiese dollar in totaal wat voorsien moet word. Intussen het die IPC en LPM gevra dat die saak eers moet oorstaan tot die hooggeregshof sy beslissing…
15 Jan 7AM 1 min