Muller sê oor die verkoop van die renosters aan die VSA

Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp, en die Rhino Momma-projek gepraat oor die verkoop van 40 renosters aan kopers in Texas in die VSA. Texas is uiters geskik vir die hervestiging van veral Namibiese fauna omdat die gebied soortgelyk is aan sentraal Namibië, sonder die droogte toestande. Vrae is gevra oor die verkoop van die diere met media wat berig dat hy 20 miljoen Namibiese dollar sal verdien. Muller het die verkoopsproses verduidelik.
8 Oct 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

DA lê klag teen FlySafair-passasier in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap veroordeel 'n beweerde rassistiese voorval wat onlangs op 'n plaaslike FlySafair-vlug plaasgevind het ten sterkste. Die party-lid, Tertuis Simmers sê 'n passasier het na bewering tydens 'n hewige woordewisseling rassistiese opmerkings geslinger na 'n lid van die bruin gemeenskap. Hy sê die DA gaan vandag…
30 Dec 4AM 1 min

Ses selfmoorde oor Kersfees, twee daagliks vanjaar

Tussen 24 en 29 Desember is ses selfmoorde aangemeld in die land. Selfmoord is 'n voortslepende probleem in Namibië en het epidemiese proporsies bereik. Teen Oktober vanjaar het die gesondheidsministerie 679 selfmoordgevalle aangemeld vir die jaar – net meer as twee gevalle daagliks. Van die was 559 mans en 91…
30 Dec 2AM 1 min

Mosambiek-onrus hou gevare vir SAOG in

Die voorsitter van die Pan-Afrika-Parlement se suidelike koukus, Duduzile Zuma-Sambudla, sê die onluste in Mosambiek hou aansienlike gevare in vir sy buurlande en die breër Suider-Afrikastreek. Woordvoerder Moshe Semenya sê politieke onbestendigheid ontwrig reis, handel en ekonomiese bedrywighede, ontwortel gemeenskappe en bedreig die vordering met streeks-integrasie. Hy sê die streek…
29 Dec 3AM 1 min

Tiener-swangerskappe moet aangespreek word: ANC-Vroueliga

Die ANC-Vroueliga vra alle sektore van die gemeenskap, insluitend tussen-regeringsdepartemente, die progressiewe studentebeweging, onderwysersverenigings en die privaat sektor, om dringend en gesamentlik aandag te gee aan tiener-swangerskappe. Woordvoerder Boitumelo Moiloa sê Suid-Afrikaners moet saamwerk om 'n omgewing te skep waar tienermeisies bemagtig word om keuses te maak wat hulle waardigheid,…
29 Dec 2AM 1 min