Departement stig eenheid om politieke moorde in Mpumalanga te ondersoek
--:--
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek.
Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie in die Departement van Sport; en Johan Ndlovu, die voormalige Hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit. Teboho Sekaledi van die DA sê hulle hoop dat hierdie sake uiteindelik opgelos sal word.