Delf steeds Dieper - 11 Okt 2024

--:--
Saterdag 12 Oktober is die datum waarop Yom Kippur vanjaar gevier word. Op verskillende plekke word groot dinge gereël, onder andere in Pretoria by Loftus Versveld - Saterdag 3namiddag. Om te besig oor waarom ons aan so iets moet deel hê, gesels ons eerste met Marinda du Preez wat die betekenis van Yom Kippur verduidelik.

Daarna kry drie persone wat waarlik 'n pad met ons Vader stap, geleentheid om te vertel watter elemente in hulle verhouding met ons Vader, vir hulle onontbeerlik is: Dr Arno van Niekerk, Peet Bekker en Mariaan Peak sal afsonderlik hulle getuienis gee.

Elizabeth Jordaan is ook weer terug om te vertel van Andrew Murray se lewe in Wellington. Onder meer vertel sy van die tot standkoming van die Hugenote Kollege in Wellington. Moet hierdie gesprek nie misloop nie.
11 Oct 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper 18 Julie 2025

Heerlike voorreg om ‘n ateljee vol mens te ontvang wat gesels oor die belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert sal ons prakties leer hoe om met hierdie geweldige opdrag om te gaan. Daar sal ook twee ekstra gaste wees om elke luisteraar…
18 Jul 1 hr 33 min

Delf Steeds Dieper 11 Julie 2025

Twee gaste wat gesels oor genesing – een in ons fisiese liggaam – Rene Testa en die tweede oor genesing in ons gees, Marianne Peak. Moet seblief nie hierdie twee dames se bydrae misloop nie – hulle praat albei van lewens veranderende dinge. Die vertellings van Elizabeth Jordaan oor die…
11 Jul 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper - 4 Julie 2025

Verstaan ons die belangrikheid van brein ontwkkeling? Riki Kotze is 'n dame wat spesialiseer daarin om kinders sowel as volwassenes te help om die brein nie net te ontwikkel nie, maar wakker te hou! Kom luister gerus en leer! Ons is immers nooit te laat om te leer nie! Die…
4 Jul 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper - 27 Junie 2025

Dit was nog altyd my voorreg om Bennie Mostert uit te saai – en Bennie het ons kom seën met ‘n besondere boodskap oor die belangrikheid daarvan dat ons dissipels van Jesus moet wees en dat ons betrokke moet raak daarby dat nog meer mense dissipels van Jesus word! Bennie…
27 Jun 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper 20 Junie 2025

Amanda Swanepoel is geen onbekende hier in program Delf Steeds Dieper nie. Amanda, vroeër van Vaal-Driehoek, woon al geruime tyd in die Kaap waar sy steeds graag vroue bemoedig en aanspoor tot ‘n dieper geloofswandel. Amanda wil graag gesels oor die wonder van “Liefde wat uit ‘n verligte hart borrel!”…
20 Jun 1 hr 28 min