Wêreldwys | Leef die land van die Amerikaanse droom nog? | Ep. 22

--:--
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, oor sy waarnemings in Amerika na aanleiding van ʼn onlangse besoek aan die VSA, asook oor die hernude debatte, veral onder konserwatiewe denkers, oor die toekoms van die Weste.
15 Oct 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55

Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme…
15 Jul 41 min

Wêreldwys | Demografie: Die Weste se dilemma en Afrika se geleentheid | Ep. 54

Vrydag is Wêreldbevolkingsdag, en wêreldwyd bots twee demografiese kragte: bevolkingsontploffing in die ontwikkelende wêreld en bevolkingsinploffing in die Weste. Hierdie tendense bepaal die wêreld se toekoms – en Afrikaners se plek daarin. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor…
7 Jul 38 min

Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë…
2 Jul 35 min

Wêreldwys | Die aanslag op begrensing | Ep. 52

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met prof. Danie Goosen van Akademia oor ’n tema wat vele verskyningsvorms in die moderne wêreld het – die postmoderne aanslag op begrensing. In ’n tyd waarin grense as verdag en onderdrukkend beskou word, herinner hierdie gesprek aan die diepe…
25 Jun 31 min

Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie. Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar…
18 Jun 24 min