Maroela Media Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak.
"Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Politics
50 Episodes
1 – 20

Wêreldwys | Europa beweeg steeds na regs | Ep. 49

In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek. Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom…
4 Jun 50 min

Wêreldwys | Europa se bedreiging van binne | Ep. 48

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid…
29 May 32 min

Wêreldwys | Afrikaners 125 jaar later weer in die kollig | Ep. 47

In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika. Op die keper…
23 May 29 min

Wêreldwys | Europa is in diep moeilikheid | Ep. 46

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.
14 May 55 min

Wêreldwys | VSA sterk in die nadraai van Trump-tariewe | Ep. 44

In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke…
18 Apr 30 min

Wêreldwys | Ou diplomasie uitgedien in ’n komplekse wêreld Ep. 42

In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen…
3 Apr 39 min

Wêreldwys | SA kán verhouding met VSA regruk, as... | Ep. 41

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees…
26 Mar 32 min

Wêreldwys | Die jaar van geopolitieke herskikking | Ep. 40

In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.
20 Mar 41 min

Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39

In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese…
14 Mar 33 min

Wêreldwys | SA-weermag verdoem tot mislukking in die DRK | Ep. 36

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en…
21 Feb 38 min

Wêreldwys | Trump gewild ten spyte van globale onvergenoegdheid | Ep. 35

Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd…
13 Feb 41 min

Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34

Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof…
7 Feb 1 hour

Wêreldwys | Man op ‘n missie in ‘n deurmekaar wêreld | Ep. 33

Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se…
30 Jan 35 min

Wêreldwys | Trump gaan Washington DC op sy kop keer | Ep. 32

In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
22 Jan 56 min

Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop…
17 Dec 2024 33 min

Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30

Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika…
10 Dec 2024 58 min
1 – 20