#OFMPinkTober 2024 samel meer as R1-miljoen in vir KANSA!

--:--
OFM, die Klank van Jou Lewe, kondig met trots aan deur die goedhartigheid van luisteraars en gemeenskappe dwarsoor Sentraal Suid-Afrika het die #PinkTober-veldtog ’n verstommende R1 018 000 ingesamel ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika.

Die hele Oktober lank het OFM sy verbintenis tot borskankerbewustheid versterk met ’n reeks suksesvolle projekte. Die veldtog het Bowling4Boobies-geleenthede ingesluit in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Bloemfontein, Bethlehem en Vryburg waar gemeenskappe bymekaargekom het om pret te hê terwyl hulle bygedra het tot ’n belangrike saak. Boonop het OFM-luisteraars weekliks op ’n Donderdag hul gewig agter die saak ingegooi wanneer hulle tydens ons uitsending skenkings kon belowe. Dit het ’n samehorigheidsgevoel gespek en mense aangespoor om die daad by die woord te voeg.

Benewens OFM se georganiseerde geleenthede het luisteraars hul eie insamelings gehou, wat wys hoe opreg Sentraal-Suid-Afrika omgee om ’n verskil te maak. Elke individu en groep wat bygedra het tot #PinkTober – hetsy deur hul eie geldsamelingsgeleenthede of deur skenkings aan OFM se veldtog – het daartoe bygedra om hierdie merkwaardige bedrag in te samel.
12 Nov 1AM English South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Brendan Peyper "Ek wens ons kan eerder net oor die musiek praat"

Brendan Peyper is in die kollig vir talle redes, maar meer onlangs is dit nie net as gevolg van sy musiek nie. Persone het onlangs aantuigings gemaak dat Brendan die oorsaak is van huwelike wat verbrokkel het en dat hy met getroude vrouens verhoudings aangeknoop het. Brendan spreek die saak…
22 Nov 1AM 10 min

Reinette Enslin "Jy kan enige groente lekker maak"

Soos die seisoen verander moet ons seker maak ons neem gesonde, voedsame kos in, sodat ons gesond kan bly en optimaal kan funksioneer. Olive Chef School stigter, Reinette Enslin help ons hoe om "baby marrows" opwindend te maak sodat ons ook seker is ons kinders trek nie hulle neuse op…
29 Oct 2AM 7 min