Gas (materie)

--:--
Gas is materie in ’n lugagtige toestand sonder ’n bepaalde vorm of volume. Dit het dus nie ’n vaste vorm nie en sal versprei in die ruimte waarin dit is, soos byvoorbeeld die suurstof wat ons inasem. Materiale is oral om ons en bestaan in drie vorme: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
12 Nov Afrikaans South Africa Education · Kids & Family

Other recent episodes

Die wonder van lig

Reeds van die vroegste tye af het wetenskaplikes probeer vasstel wat lig is. Vanaf 500 v.C tot 300 v.C. het navorsers soos Sokrates, Plato en Aristoteles met hul navorsing en teorieë die grondslag gelê vir onder meer sterrekunde, biologie, wiskunde, politiek en filosofie. Die meeste van hulle het probeer om natuurverskynsels…
22 Nov 6 min

Lewende en nielewende dinge

Mense en diere is sekerlik die bekendste voorbeelde van lewende dinge. Lewende dinge haal asem, eet, skei afvalstowwe uit, groei, beweeg, plant voort en het sintuie waarmee die omgewing waargeneem word. Lewende organismes voldoen dus aan die lewensprosesse.
22 Nov 8 min

Hernubare energie

Hernubare energie – wat ook skoon energie of groen energie genoem word – kom van natuurlike hulpbronne of prosesse wat voortdurend aangevul word, soos sonlig, water en wind.
13 Nov 5 min

Getye

Getye is die styging en daling van die seevlak, en dit word hoofsaaklik deur die uitwerking van die son en die maan se swaartekrag veroorsaak.
13 Nov 4 min