Binnelandse sake gebruik selfone vir werk, Amushelelo

Loading player...
Die binnelandse sake-ministerie verwerp ten sterkste uitsprake wat die politieke aktivis Michael Amushelelo gemaak het ten opsigte van 'n personeellid se optrede. Amushelelo het 'n personeellid gekritiseer omdat hy kortliks 'n selfoon tydens werk gebruik het, maar die ministerie verduidelik dat personeel dikwels fone gebruik vir wettige, werkverwante doeleindes—soos om kliënte terug te bel, dokumente by te werk, kollegas te raadpleeg en kliënte in afgeleë gebiede te help. Die ministerie sê dis onregverdig om personeel uit te sonder wat hul werk verrig, en die toepaslike gebruik van selfone vir werksdoeleindes is geregverdig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, wat verduidelik.
13 Nov 2024 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dakar skop vandag af

Die 2025 Dakar begin vandag. Dit is 47ste Dakar en die sesde in Saoedi-Arabië. Die 353 inskrywings sal 7 737 kilometer aflê tot 17 Januarie. Dit is nie net een van die taaiste tydrenne ter wêreld nie maar ook ‘n reuse-logistieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met…
2 Jan 11PM 1 min

Uiters, uiters goeie voorspelling vir reën - ook in Suide

Reën word vandag vir die noordelike dele sowel as Windhoek voorspel maar, die nuus raak beter... teen môre is die voorspelling uiters voordelig vir die dorre Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe…
2 Jan 4AM 1 min

Massas leef steeds op die randjie - Numsa

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen 'n beroep op almal om te glo in die…
2 Jan 3AM 1 min

Slange, die veld en jy...

’n Sewejarige meisie is onlangs dood nadat sy deur ’n swart mamba gepik is. Die meisie het saam met haar jonger sibbe in 'n mahangu-veld in die Oshikoto-streek naby 'n miershoop gespeel. Die meisie het 'n stok in 'n gat in die miershoop gesteek, waarna die mamba uitgekom het en…
2 Jan 3AM 1 min