Dakar skop vandag af

Loading player...
Die 2025 Dakar begin vandag. Dit is 47ste Dakar en die sesde in Saoedi-Arabië. Die 353 inskrywings sal 7 737 kilometer aflê tot 17 Januarie. Dit is nie net een van die taaiste tydrenne ter wêreld nie maar ook ‘n reuse-logistieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met plaaslike motorsport entoesias Phillipie Baard gesels. Baard het ‘n paar vinnige feite oor Suid-Afrikaner Brian Baragwaneth van Century Racing se span.
2 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Trekarbeiders bedreig plaaslike geleenthede

Internasionale migrante speel 'n belangrike rol in die wêreldwye arbeidsmark en het 4,7 persent van die arbeidsmag in 2022 uitgemaak, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie se jongste verslag. Die meerderheid was in hoë-inkomstelande gekonsentreer, wat verantwoordelik was vir 68,4 persent van die totaal van 114,7 miljoen werkers. Plaaslik is trekarbeiders ook…
5 Jan 1AM 1 min

Rampbestuurspanne gereed vir hewige reën

Dit is nie net plaaslik wat goeie reën ontvang is nie. Die Stad Ekurhuleni sê sy rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens hewige reënbuie vir die naweek en volgende week in Gauteng voorspel het. Die woordvoerder, William Ntladi, sê boonop word hoë verkeersvolumes op die paaie…
5 Jan 1AM 1 min

Dakar: Giniel sukkel op eerste dag

Die 2025 Dakar is goed op dreef in Saoedi-Arabië maar die weer sukkel met sandstorms wat toestande uitdagend maak. Dan is daar altyd die voertuie... en die eerste dag van Giniel de Villiers se laaste Dakar het nie goed gegaan nie. Hy het groot uitdagings gehad met sy voertuig soos…
5 Jan 12AM 1 min

Gesins-instituut betreur vaderlose families, te midde van tienerswangerskappe

Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê gebroke gesinstrukture is 'n hoofoorsaak van Suid-Afrika se hoë syfer vir tienerswangerskappe. Dit volg op onrusbarende syfers, insluitend 'n 12-jarige wat oor die vakansie geboorte geskenk het en gelei het tot aanklagte van statutêre verkragting. Naidoo het aan die SABC…
4 Jan 4AM 1 min

Namcor sê oor belange in PEL 90

QatarEnergy het 'n belang van 27,5 persent in PEL 90 verkry, geassosieer met Blok 2813B, wat deur die Chevron filiaal Harmattan Energy Limited bedryf word. Ná die verkryging sal die lisensie-eienaars Chevron Harmattan wees met 'n belang van 52,5 persent, QatarEnergy met 27,5 persent, Namcor met 10 persent, en Trago…
4 Jan 2AM 1 min