Privaatpraktisyns sukkel steeds oor Namaf-tariewe

--:--
Die Namibië Privaatpraktisynsforum het die uitslae van 'n peiling wat in November gedoen is vrygestel. Daar is 'n aantal kwessies wat privaat gesondheidsorgverskaffers raak en die bedryf benadeel. Dit sluit in die ICD-10-koderingstelsel wat gebruik moet word anders word mediese fonds-eise nie uitbetaal nie, en ernstige klagtes oor die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, en Namfisa. Daar is bevind dat sommige van die kwessies die volhoubaarheid van die private gesondheidsorgbedryf bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eben De Klerk, 'n konsultant van die forum, wat van die kwessies uitlig.
3 Dec 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nainda gesels oor Interpol-stemmery

NamPol se adjunk-inspekteur-generaal vir administrasie, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het haar onlangs vir die pos as Interpol se visepresident vir Afrika verkiesbaar gestel. Sy was nie suksesvol nie, maar behou haar plek op die uitvoerende komitee. Kosmos 94.1 Nuus het met Nainda gesels wat sê sy bly toegewyd aan haar werk…
4 Dec 3AM 1 min

Bokke en whiskey om jou grond te verkoop, verhuur

Die Instituut vir Rasseverhoudinge is besorg omdat landelike grondeienaars se eiendomsreg hulle ontneem word ingevolge die nuwe gewysigde Wet op Gemeenskaplike Eiendomsverenigings. Gabriel Crouse van die IRR sê 470 000 landelike grondeienaars moet nou goedkeuring van die staat kry om hul grond te verhuur of te verkoop, wat ekonomiese vryheid…
4 Dec 3AM 1 min

Ons sal die hof nader - IPC

Imms Nashinge, die woordvoerder van die IPC, het 'n setel in die Nasionale Vergadering bekom na die party 20 setels in die verkiesing gewen het. Dit is 'n beduidende ontwikkeling vir die IPC, wat die party nou die amptelike opposisie maak. Nashinge het met Kosmos 94.1 Nuus as partywoordvoerder gepraat…
4 Dec 2AM 1 min

Wallis se vroue-sokkerspan kwalifiseer vir Europese Kampioenskap

Wallis het vir die eerste groot vroue-toernooi gekwalifiseer. Hulle neem volgende jaar in Switserland deel aan die Europese Kampioenskap nadat hulle Ierland met 2-1 in Dublin geklop het. Hannah Cain en Carrie Jones se doele het aan Wallis ʼn oorwinning besorg ná verlede week se een-elk tuiswedstryd in die eerste…
4 Dec 2AM 1 min

Stigting besin oor sy bystand in 2024

Soos 2024 tot 'n einde kom, besin die Nangula Mbako-stigting, wat fokus op gesondheid, bemagtiging, onderwys, klimaataksie en ramphulp, oor sy prestasies die afgelope jaar. Die stigting beoog om voort te bou op sy suksesse en sy missie om positiewe verandering vir kwesbare bevolkings in Namibië te skep, verder te…
4 Dec 1AM 1 min