Groeiskatting lyk goed, maar ...
--:--
Die Bank van Namibië voorspel dat die plaaslike ekonomie vanjaar met 3,5 persent sal groei, af van 4,2 persent in 2023, wat die gevolge van 'n gedempte wêreldekonomie en aanhoudende droogte weerspieël. Terwyl groei in die primêre bedrywe, veral diamante en saaiboerdery, na verwagting sal inkrimp, het sektore soos goud, veeboerdery, gesondheid, inligting en kommunikasie, en groot- en kleinhandel verbeterde prestasie getoon. Dit het gelei tot 'n opwaartse hersiening vanaf die aanvanklike 3,1 persent groeiskatting. Daar is egter steeds beduidende risiko's. Josefina Oskar, kommunikasiepraktisyn by die Bank van Namibië, het meer.