Kook & Klets met Arina du Plessis: Kerskos by die see en kampeerplek

Loading player...
As jy hou van kook of selfs net van eet, is Landbou Boerekos se potgooi Kook & Klets net vir jou. Arina du Plessis, veelbekroonde sjef en kosredakteur, gaan haar jare lange ervaring en passie vir kos met jou deel. Hier kan jy “smul” aaan heerlike resepte, insiggewende wenke en interessante kosstories. Dis die ideale luistergenot vir ’n inspirerende en smaaklike klankervaring. Lekker luister en kook! In die eerste epidsode gesels Arina oor hoe gemaak as jy vanjaar by die see is en/of kampeer om ’n heerlike Kersete voor te berei. Sy gee wenke en maklike resepte om te verseker dat jou gaste hul vingers sal aflek
Chapters
  • 04:07 As jy Kerkos by die see moet voorberei
6 Dec 2024 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 16 - Earth Owl

In episode 16 van Landboumark Voorslag hoor ons van Roché Pepler en Santana Pestana, wat net met ʼn inset van R250 en ʼn paar erdwurms in ’n agterplaas ’n onderneming begin en tot Earth Owl uitgebou het. Dit is ʼn onderneming wat organiese boerdery, waardetoevoeging en gemeenskapsontwikkeling kombineer. Nuwe episodes…
19 Oct 37 min

Landboumark Voorslag: Episode 15 - Kleinkraal Suiwel

In episode 15 van Landboumark Voorslag hoor ons van Zanell van der Nist van Kleinkraal Suiwel. Wat as ʼn “aftreeprojek” met vier melkbokke begin het, het ontwikkel in ʼn kleinskaalse kaasonderneming waarvan die handgemaakte bokmelkkaas ʼn Qualité-toekenning op die Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskap ontvang het. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke…
12 Oct 13 min

Landboumark Voorslag: Episode 14 - Magi-Clamp

In episode 14 van Landboumark Voorslag hoor ons van Neels en Magda Grieshaber van Ellisras, wat sedert 2004 die Magi-Clamp ontwikkel - ’n gepatenteerde klamptang wat pype en draad in een beweging vasmaak. By Nampo Kaap vertel Neels van die oorsprong by oom Jimmy, die ontwerpfase wat hulle terug na…
5 Oct 24 min

Landboumark Voorslag: Episode 13 - SA Butchery Training School

In episode 13 van Landboumark Voorslag hoor ons van Anzelle van Niekerk van SA Butchery Training School, ’n QCTO-geakkrediteerde slagtery-opleidingsentrum in Pretoria wat boere, jagters en entrepreneurs leer om vleis professioneel te verwerk – van biltong en boerewors tot volwaardige slaghuisbestuur. Anzelle vertel hoe behoorlike opleiding die sleutel tot vleisverwerking…
28 Sep 10 min

Landboumark Voorslag: Episode 12 - Work Accident Support

In episode 12 van Landboumark Voorslag hoor ons hoe Stephan Pietersen van Work Accident Support boere help om hul administrasie van die Vergoedingsfonds ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Coida) reg te doen. Die klem is veral op plase met pakhuise, waar die korrekte klassifikasie mettertyd groot…
21 Sep 22 min