Media24 Landbouweekblad

Landbouweekblad

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy nou op die hoogte wil bly van die jongste nuus, weerberigte, landboustories, of geïnteresseerd is in spesifieke bedrywe – ons bied dit en vele meer.
Weekly Afrikaans South Africa News · Education
33 Episodes
1 – 20

‘Wees bereid om weerloos te wees’ – Marciel Hopkins

Marciel Hopkins het op ’n wynplaas in die Breëriviervallei grootgeword en het ’n diep verbintenis met die landbou en plaaslewe. In dié episode gesels sy oor die onvoorspelbaarheid van boerdery, weerloosheid en betekenisvolle verhoudings.Hoor wat sy sê oor:• die ingewikkelde dinamika van familieboerdery;• die belangrikheid van ondersteuningsnetwerke;• jong boere se…
4 Jul 17 min

Hoe gemaak as klimaatsverandering ideale toestande vir peste skep?

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
27 Jun 16 min

‘Drank was my beste vriend’ – Edohan Burger

Edohan Burger gesels eerlik in die Bly Boer-episode oor sy pad met alkoholverslawing en hoe hy dit reggekry het om daarvan vry te kom. Edohan, wat deesdae ’n pastoor by die Kompas-gemeente in Vanderbijlpark is en ook ander verslaafdes help, deel met Reza Clifford oor die vernietigende impak wat drank…
22 Jun 25 min

Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas. Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services…
15 Jun 22 min

‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer. In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf…
23 May 24 min

LUISTER: Graansiektes is ’n realiteit, maar hier is raad wat help

Wat is die doomsday-graansiekte wat Suid-Afrika nog nie bereik het nie, maar waaroor kenners wakker lê en wat is die groot lesse wat die uitbreek van sulke siektes ons leer? Dit is van die kwessies wat in die tweede episode van Wat die boer moet weet bespreek word.
10 May 15 min

LUISTER: ‘Nampo, bringer van hoop’

Dr. Dirk Strydom staan aan die stuur van Nampo, die eenstop-platform waar boere, landbou-ondernemings en diensverskaffers kan byeenkom, saamwerk en sake doen. In dié Bly Boer-episode gesels Johan Beukes met dr. Dirk Strydom, besturende direkteur van Nampo, oor vanjaar se skou, die impak daarvan en om nie hoop te verloor…
9 May 20 min

Luister: Só kon ek my aanvaller vergewe – Nadia Gibbens

Thabo Thamiae het in 2012 vir Nadia Gibbens in hul huis op ’n hoewe in Bainsvlei, Bloemfontein probeer keelaf sny, haar drie keer probeer verwurg, haar probeer verkrag, haar herhaaldelik met ’n gebreekte glasbottel gesteek, geskop en vir dood agterlaat.In die nuutste episode van die Bly Boer-potgooi gesels met Reza…
2 May 36 min

Wat 'n boer moet weet

Goss- bakteriese verwelksiekte het die Suid-Afrikaanse mieliebedryf aan die gons. Om ingelig te wees daaroor is nou die beste strategie sodat jy die regte besluite vir jou boerdery kan neem. Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, gesels in die heel eerste episode van sy potgooireeks Wat die boer moet weet met…
30 Apr 17 min

LUISTER: Hoe gemaak as dit nie reën nie?

Franchwa Batt en sy vrou, Chrismari van der Westhuizen-Batt, is al jare lank bekend met droogte. Hoewel dit die afgelope week heerlik oor groot dele van die Boesmanland gereën het, het sy plaas net 5,3 mm gekry. Hulle het met Reza Clifford in die jongste Bly Boer-episode gesels oor die…
25 Apr 16 min

LUISTER: ‘Passie en fokus nodig vir sukses’ – Johann Krige

Johann Krige, mede-eienaar van Kanonkop, een van die voorste Suid-Afrikaanse wynplase, glo hulle verkoop nie wyn nie, maar ’n leefstyl. In sy gesprek met Johan Beukes sê hy ’n mens moenie die wiel probeer herontwerp nie, maar doen dít waarmee jy goed is. In die episode sal jy meer hoor…
18 Apr 17 min

LUISTER: Danie Bester gaan nie sý tassies vir Amerika pak nie

Danie Bester, bekroonde mielie-en-sojaboer van die plaas Rietbult in die Balfour-distrik, is datagedrewe, leergierig en gaan draai gereeld in Amerika. Hy gesels oor geen reën, te veel reën en alles tussenin.veerkragtigheid in moeilike tye, sy belewenis van boerdery in Amerika en sy keuse om nie sy tassies te pak nie.
11 Apr 23 min

LUISTER | ‘Om te bly hoop’ – Willie Nel en Isabel Arangies

’n Fees vir die oog, rus vir jou siel en vuurhout vir môre – dit is die plaas Moolmanshoek. Eienaar Willie Nel en Isabel Arangies, sy dogter, vertel hoe hulle aanhou boer. Johan Beukes gesels in dié episode van die Bly Boer-potgooi oor die herstelpad wat hulle op die plaas…
28 Mar 19 min

LUISTER | ‘Boer is my passie en plesier’ – Wikus Bekker

Vir Wikus Bekker, Dohne-Merino-boer van Edenburg en 2023 se Voermol Skaapboer van die Jaar, is boerdery nie ’n werk nie, maar ’n plesier. Johan Beukes gesels in die nuutste episode van die Bly Boer-podsendingreeks met Wikus oor sy passie vir teling, toewyding en meelewing, en wat hom inspireer om aan…
21 Mar 16 min

LUISTER | Haal die angel uit aftree – Theo Vorster

Hoewel die hegtheid van ’n gesinstruktuur ongetwyfeld ’n deurslaggewende rol in die veerkragtigheid van ’n familie-onderneming speel, kan ’n pa-en-seun- (of dogter!-) span ook unieke probleme ondervind as dit nie behoorlik verstaan en reg bestuur word nie.
14 Mar 23 min

LUISTER | Hoe kan wynboere bly boer – Conrad Schutte

Conrad Schutte, uitvoerende hoof van Vinpro, glo veerkragtigheid is noodsaaklik vir wynboere om te bly boer. In die episode van die Bly Boer-potgooi gesels Johan Beukes met Conrad oor sy paadjie in die wynbedryf en sy belewenis van wynboere.
7 Mar 19 min
1 – 20