Luister: Só kon ek my aanvaller vergewe – Nadia Gibbens

--:--
Thabo Thamiae het in 2012 vir Nadia Gibbens in hul huis op ’n hoewe in Bainsvlei, Bloemfontein probeer keelaf sny, haar drie keer probeer verwurg, haar probeer verkrag, haar herhaaldelik met ’n gebreekte glasbottel gesteek, geskop en vir dood agterlaat.In die nuutste episode van die Bly Boer-potgooi gesels met Reza Clifford oor die aanval, hoe sy vir hom ’n Sotho-bybel gegee het met sy skuldigbevinding en hoe hard sy moes werk om die trauma te verwerk.
In die episode sal jy meer hoor oor:
die dag wat Thabo vir Nadia aangeval het;
oor haar besoek aan hom in die tronk;
die belangrikheid om trauma te verwerk;
om te kies om goed uit die sleg te vat;
snellers; en
hoe om trauma met jou saam te dra.
2 May Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas. Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services…
15 Jun 22 min

‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer. In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf…
23 May 24 min