Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

--:--
In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar.
Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale reaksie op abnormale gebeurtenisse – jy is nie gebroke nie!
Hoor wat hy sê oor:
· die fisieke en emosionele komponente van trauma en hoe jou brein jou probeer beskerm;
· neuroplastisiteit bewys dat jou brein kan genees en nuwe patrone kan vorm;
· om ondersteuning te soek is ’n bewys van dapperheid, nie swakheid nie; en
· hoe Traumanetwerk jou kan help om hulp te kry.
Besoek Traumanetwerk by www.traumanetwerk.co.za
12 Jul Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Herlewing begin op die plaas’ – Johann Kotzé

Johan Beukes gesels in die jongste Bly Boer-episode met Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, oor wat dit werklik beteken om te volhard, hoopvol te bly en die volgende geslag te inspireer. Johann vertel in die gesprek hy glo dat geloof ons deur die donkerste tye kan dra en hoe…
3 Aug 27 min

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
17 Jul 1 min