Episode 35 | 'Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ - Dr Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog

--:--
Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke
gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit.
Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van Getuienisaksie.
Hy vertel hierdie inisiatief met die doel om sosiale kohesie, soos hy dit verwoord
“menskapitaal”, te bou het hom en sy span in die laaste sowat ses jaar geneem na meer as 70, selfs dalk soveel as 80 dorpe en gemeenskappe. Van Stellenbosch tot Atlantis. Van Graaff-Reinet tot Van Wyksvlei en selfs sover as die myngemeenskap van Witbank (eMalahleni deesdae) op die Hoëveld van Mpumalanga.
Daar was ook al drie streeksdialoë in samewerking met die Duitse Konrad-Adenauer-Stiftung.
Dié projek het vir hom gewys watter mooi stories kan begin ontvou wanneer mense van ’n gemeenskap, wat nie met mekaar praat nie, vir een dag of aand ’n kamer deel en begin praat oor uitdagings wat almal raak en hoe hulle dit saam kan aanpak.
9 Dec 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan…
10 Jul 20 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min

Episode 43 | 'Afrikaners' as slagoffers - Hoe praat ons daaroor?

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat (net wit?) Afrikaanse boere (?) vir vlugtelingstatus mag aansoek doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer Neels Jackson…
21 May 25 min