Justin Trudeau bedank, vermy mosie van wantroue

Loading player...
Die Kanadese premier, Justin Trudeau, het sy bedanking op 'n nuuskonferensie by sy tydelike woning, Rideau Cottage, in Ottawa aangekondig. In sy toespraak het hy gesê 'n nuwe premier en leier van die Liberale Party sal die waardes en idees van die party in die volgende verkiesings dra. Trudeau sê hy sal in sy pos bly totdat die party 'n plaasvervanger kies. Die party sal vandeesweek vergader om die proses te begin om 'n nuwe leier te vind. Trudeau, onder hewige druk van Liberale wetgewers om te bedank te midde van peilings wat toon dat die party by die volgende verkiesing verpletter sal word, sê die parlement sal tot 24 Maart opgehef word. Luister self na Trudeau.
6 Jan 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LA kondig noodtoestand af met veldbrand

Die Amerikaanse stad Los Angeles het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl ʼn veldbrand wat deur sterk wind aangedryf word, owerhede genoop het om meer as 30 000 inwoners te vra om hul wonings te ontruim. Talle huise in die Pacific Palisades-gebied is beskadig, maar geen beserings of sterftes is aangemeld nie…
8 Jan 1AM 1 min

Newcastle klap Arsenal 2-0

Newcastle het beheer geneem oor hulle Carabaobeker-halfeindstryd met 'n oortuigende 2-0, eerstebeen oorwinning oor Arsenal in die Emirates-stadion. Doele deur Alexander Isak en Anthony Gordon het gesorg vir die besoekers se eerste weg-oorwinning oor Arsenal sedert November 2010. Newcastle moet nou nie verloor nie, of net met een doel verloor,…
8 Jan 1AM 1 min

BRICS moet eerder die dollar met rus te laat

Die BRICS-groepering, wat oorspronklik uit Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika bestaan het, het nou nege lede en nege vennote, en groei steeds. BRICS beslaan tans sowat die helfte van die wêreldbevolking met meer as 41 persent van die wêreld se BBP, en verskerp pogings om die internasionale monetêre en finansiële…
8 Jan 12AM 1 min

Trump steun Kremlin se standpunt oor Navo

Kommentaar deur Donald Trump oor Rusland se oorlog in die Oekraïne wek kommer. Die Kremlin het destyds beweer die Weste het 'n belofte verbreek wat hulle in die 1990's gemaak het om nie Navo uit te brei nie, en gebruik hierdie aanspraak om die oorlog te regverdig. Die Kremlin het…
8 Jan 12AM 1 min

Jagluiperd-bolla help met spesie se bewaring

Die internasionale ConGen-konferensie vind tans in Windhoek plaas, aangebied deur die Cheetah Conservation Fund, wat die fonds se bedrywighede onder die loep gesit het. Om waarde toe te voeg tot hul bewaringspogings het die fonds 'n genetika-afdeling wat verskillende data ontleed wat hulle ingesamel het en wat lede van die…
8 Jan 12AM 1 min