Trump steun Kremlin se standpunt oor Navo

Loading player...
Kommentaar deur Donald Trump oor Rusland se oorlog in die Oekraïne wek kommer. Die Kremlin het destyds beweer die Weste het 'n belofte verbreek wat hulle in die 1990's gemaak het om nie Navo uit te brei nie, en gebruik hierdie aanspraak om die oorlog te regverdig. Die Kremlin het geëis dat Kiëf nooit deel van Navo mag word nie maar die organisasie het sedert die val van die Sowjetunie nie opgehou om uit te brei nie, en het van 17 lande in 1990 tot 30 vandag gegroei. Trump stem daarmee saam.
8 Jan 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Boere, hou julle vee onder oog in die nat veld

Die broodnodig reën is natuurlik wyd verwelkom, maar boere is reeds gewaarsku dat hulle patrollies moet uitvoer om hul kuddes te beskerm. Dit is omdat vee verder van opstalle sal wees by plekke waar water opgedam het, wat hulle maklike prooi maak vir veediewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan…
8 Jan 11AM 1 min

Hof verwerp aansoek om publikasie van matriekuitslae te verbied

Die Hooggeregshof in Pretoria het 'n dringende aansoek deur die Inligtingsreguleerder om die publikasie van die 2024-matriekuitslae in koerante en digitale platforms te verbied, met koste van die hand gewys. Dit staan die Departement van Basiese Onderwys nou vry om soos beplan volgende week die matriekuitslae vir publikasie in die…
8 Jan 11AM 1 min

Beboet werkgewers wat nie minimumloon betaal: Nafau

Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, versoek werkgewers om te voldoen aan die nuwe nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur, wat op 1 Januarie in werking getree het. Penda het by 'n perskonferensie in Windhoek 'n beroep op die arbeidministerie gedoen om…
8 Jan 10AM 1 min

Meeste SA skole kom skooldrag-riglyne na

Die Mededingingskommissie sê hy is bly dat die meeste skole sy riglyne nakom. Dit volg nadat die kommissie sy verslag oor die uitkomste van ingrypings in skooldragverkryging, bekend gemaak het. Gesinne berei tans voor vir die 2025-skooljaar en Karabo-Motaung Mohlala van die kommissie sê stygende koste van skooldrag en skryfbehoeftes…
8 Jan 10AM 1 min

Word lid van die DBV en help diere in nood

Die Dierebeskermingsvereniging het opwindende aktiwiteite vir vanjaar beplan. Jy kan die jaar op goeie voet begin deur 'n lid te word vir slegs 365 Namibiese dollar, of 'n dollar per dag, om diere in nood te ondersteun. Danksy die Santa Paws-inisiatief is 344 diere oor die vakansie geborg. Kosmos 94.1…
8 Jan 9AM 1 min