Netwerkverklaring deur Transnet verwelkom

Loading player...
Die Padvragvereniging het die publikasie van die Transnet-netwerkverklaring oor die spoornetwerk in Suid-Afrika verwelkom. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, moedig alle ondernemings aan wat 'n derdeparty-operateur kan word, om die verklaring te bestudeer en om met die vervoerdepartement in gesprek te tree om spoorbedrywighede weer 'n lewensvatbare en doeltreffende diens te maak. Hy sê daar sal baie geleenthede vir padvervoer wees.
6 Jan 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LA kondig noodtoestand af met veldbrand

Die Amerikaanse stad Los Angeles het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl ʼn veldbrand wat deur sterk wind aangedryf word, owerhede genoop het om meer as 30 000 inwoners te vra om hul wonings te ontruim. Talle huise in die Pacific Palisades-gebied is beskadig, maar geen beserings of sterftes is aangemeld nie…
8 Jan 1AM 1 min

Newcastle klap Arsenal 2-0

Newcastle het beheer geneem oor hulle Carabaobeker-halfeindstryd met 'n oortuigende 2-0, eerstebeen oorwinning oor Arsenal in die Emirates-stadion. Doele deur Alexander Isak en Anthony Gordon het gesorg vir die besoekers se eerste weg-oorwinning oor Arsenal sedert November 2010. Newcastle moet nou nie verloor nie, of net met een doel verloor,…
8 Jan 1AM 1 min

BRICS moet eerder die dollar met rus te laat

Die BRICS-groepering, wat oorspronklik uit Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika bestaan het, het nou nege lede en nege vennote, en groei steeds. BRICS beslaan tans sowat die helfte van die wêreldbevolking met meer as 41 persent van die wêreld se BBP, en verskerp pogings om die internasionale monetêre en finansiële…
8 Jan 12AM 1 min

Trump steun Kremlin se standpunt oor Navo

Kommentaar deur Donald Trump oor Rusland se oorlog in die Oekraïne wek kommer. Die Kremlin het destyds beweer die Weste het 'n belofte verbreek wat hulle in die 1990's gemaak het om nie Navo uit te brei nie, en gebruik hierdie aanspraak om die oorlog te regverdig. Die Kremlin het…
8 Jan 12AM 1 min

Jagluiperd-bolla help met spesie se bewaring

Die internasionale ConGen-konferensie vind tans in Windhoek plaas, aangebied deur die Cheetah Conservation Fund, wat die fonds se bedrywighede onder die loep gesit het. Om waarde toe te voeg tot hul bewaringspogings het die fonds 'n genetika-afdeling wat verskillende data ontleed wat hulle ingesamel het en wat lede van die…
8 Jan 12AM 1 min