Krokodil in Etakodam het inwoners op hul senuwees
Loading player...
Die raadslid van die Onesi-kiesafdeling in Omusati, Festus Petrus, het inwoners van Onesi en omliggende gebiede gewaarsku om nie tans in die Etakodam vis te vang terwyl beamptes probeer om 'n krokodil te verwyder wat hier gewaar is nie. Die Etakodam is in die Onesi-distrik geleë en strek 14 kilometer van noord na suid. Petrus sê die teenwoordigheid van die krokodil hou 'n risiko en gevaar vir beide inwoners en lewende hawe in. Hy het daarom gemaan dat inwoners die dam tans eerder moet vermy en nie hier moet probeer visvang nie. Beamptes het hom gemeet op sowat 1,6m lank, maar hy kan tot 5m lank word.
Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingministerie, wat sê daar word nog planne beraam om die krokodil te hanteer.
Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingministerie, wat sê daar word nog planne beraam om die krokodil te hanteer.